Archive | Afrikaanse Universiteite RSS feed for this section
NP van Wyk Louw Afrikaanse Universiteite

VOORWOORD: Argumente vir ’n eie Afrikaanse universiteit – Prof. Koos Malan

Prof. Koos Malan se voorwoord vir die verslag deur die FAK se NP van Wyk Louw-sentrum oor die argumente vir ’n eie Afrikaanse universiteit. Die verslag kan gratis in elektroniese formaat afgelaai word deur op die voorblad hierbo te kliek. Universitêre Afrikaans gaan tans drasties agteruit. Dit is aan hoofsaaklik twee kragte te wyte. Die […]

np-van-wyk-louw-dekolonisering

Die alternatiewe pad – Prof. Danie Goosen

Hierdie artikel is eerste gepubliseer op Netwerk24 onder die afdeling Aktueel. Universiteite in Suid-Afrika behoort plekke te wees waar ’n egte dialoog tussen die Westerse en Afrika-intellektuele tradisies gevoer word. Dít is dekolonisering, skryf Danie Goosen. Op die agtergrond in die stryd wat op kampusse woed, staan twee botsende opvattings oor die universiteit: die “besigheidsuniversiteit” […]

np-van-wyk-louw-universiteite-middeleeue

Universiteite: Opleiding van monsters of mense? – Dr. Morné Diedericks

“My request is: Help your students become human. Your efforts must never produce learned monsters or skilled psychopaths. Reading, writing, arithmetic (one might add ‘getting your degree) are important but only if they serve to make our children more human.” Dit is die woorde van professor Richard Ping in sy lesing “What is an educated […]

NP van Wyk Louw Transformasie op kampusse

Akademiese rewolusionêre? – Johann Rossouw

Hierdie artikel is oorspronklik gepubliseer op www.johannrossouw.co.za en word hier goedgunstiglik met die toestemming van die skrywer gepubliseer. Lees meer van Rossouw se publikasies by www.johannrossouw.co.za. In die amper twee weke tot met Saterdag 1 Oktober het die voortslepende krisis by Suid-Afrikaanse openbare universiteite ’n aantal onrusbarende neigings getoon. Een van die gevaarlikste hiervan is […]

Belha die rustelose spook

Toespraak: Prof. Danie Goosen – UNIVERSITEITE EN DEKOLONISASIE

Prof. Danie Goosen (UNISA) TOESPRAAK DEUR PROF. DANIE GOOSEN, DOSENT IN FILOSOFIE AAN UNISA, BY GELEENTHEID VAN DIE FAK SE NP VAN WYK LOUW-SENTRUM KONFERENSIE TE PRETORIA AANGAANDE DIE UNIVERSITEITSWESE, TRANSFORMASIE EN DEKOLONISASIE: WAT KAN ONS VERWAG? 8 September 2016 My indruk is dat daar ’n omgekeerde verband bestaan tussen die betoging ten gunste van […]

np-van-wyk-louw-jan-heunis

Toespraak: Adv. J.C. Heunis – Universiteitswese, transformasie en dekolonisasie – Wat kan ons verwag?

TOESPRAAK DEUR ADV. JC HEUNIS S.C., PRESIDENT VAN DIE KONVOKASIE VAN DIE UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH EN STIGTERSLID VAN GELYKE KANSE, BY GELEENTHEID VAN DIE FAK-KONFERENSIE TE PRETORIA AANGAANDE DIE UNIVERSITEITSWESE, TRANSFORMASIE EN DEKOLONIALISASIE: WAT KAN ONS VERWAG? EMBARGO: 10h00, Donderdag 8 September 2016 Geagte dames en here, “Dit is wat dit vir my beteken om […]

NP van Wyk Louw Transformasie op kampusse

Universiteitswese, transformasie en dekolonisasie: Wat kan ons verwag? – Christoff van Wyk

Foto: Netwerk24 Studenteorganisasies dreig opnuut om kampusse onbegaanbaar te maak deur massa protes. In weerwil hiervan swyg die minister van hoër onderwys en faal klaaglik om die kritieke leierskap te gee wat nou nodig is in dié verband. Intussen dreig daar ’n groeiende fiskale krisis by verskeie universiteite waar sommige alreeds aangedui het dat hul […]

NP van Wyk Louw Afrikaans liefde

Hoe belangrik is Afrikaans in die huidige Suid-Afrika? – Prof. Heilna du Plooy

Foto: judithkamffer.com Hierdie artikel word geplaas met toestemming van prof. Heilna du Plooy en met erkenning aan die Gereformeerde Kerk se maandelikse tydskrif, Die Kerkblad, waar hierdie artikel eerste verskyn het. Prof. du Plooy is verbonde aan die Navorsingseenheid: Tale en Literatuur van die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom. Identiteit en die werking van taal Wanneer ’n baba gebore […]

NP van Wyk Louw afrikaans up

Afrikaans in die hoësorgeenheid – Christoff van Wyk

Die hoësorgeenheid van ‘n hospitaal is vir enige pasiënt en familie ’n traumatiese ervaring. Hier lewe ’n pasiënt en sy familie op die dun spanningsdraad tussen hoop en wanhoop. Hier word lewe gemeet aan statistieke en lyne op ’n lewensondersteunende masjien. Dit is ’n plek waar familie soek na waarheid oor oorlewingskanse, genesingsoplossings en deur […]