Archive | Uncategorized RSS feed for this section
laterale_denke_FAK_NP_van_Wyk_Louw

’n Voordeel wat ons nie mag prysgee nie – Christoff van Wyk

’n Boer maak ’n plan. Dié gesegde word al vir dekades lank van geslag tot geslag oorgedra en spruit voort uit die vindingrykheid wat Afrikaners al aan die dag moes lê om uitdagings in Suid-Afrika te oorkom om hier te oorleef. Kreatiewe denke en probleemoplossing is ’n kenmerk van Afrikaners se denkraamwerk en algemene mondering […]

Johannes_Brand_FAK_NP_van_Wyk_Louw

“ALLES SAL REGKOM, AS ELKEEN SY PLIG DOEN” – Dr. Danie Langner

Op Saterdag 14 Julie het die Ou Presidensie Historiese Vereniging in Bloemfontein saam met ander kultuurorganisasies die sterfdag van President Brand, 130 jaar gelede, herdenk. Die FAK was betrokke by die projek om president Brand se graf en familiekerkhof te beveilig in die erg verwaarloosde President Brand-begraafplaas. Johannes Henricus Brand was die oudste seun van […]

NP VAN WYK LOUW WILLA BOEZAK

Op maat van die riel – Dr. Willa Boezak

Toe die ATKV meer as ’n dekade gelede hul rielkompetisie begin aanbied het met die indrukwekkende Paarlse Taalmonument as agtergrond, was nie alle Khoi-Sanmense daarmee gelukkig nie. Die vrees het veral ontstaan: “Gaan nie nog ’n deel van ons kultuurerfenis van ons vervreem word nie?” Gelukkig was die aanbieder, mnr. Elias Nel, bewus daarvan en […]

NP van Wyk Louw Die Stem

Mister President, please give us back our ‘Stem’ – Dr. Danie Langner

President Ramaphosa’s statement in parliament on the 24th of May 2018 that “Die Stem” is not a symbol of Afrikaner identity but rather a “symbol of discrimination, oppression and misery” begs a reply. At first glance the president’s statement stands in stark contrast to the statesmanship shown by President Mandela in the foreword to the […]

NP_VAN_WYK_LOUW PLAASMOORDE EKONOMIE

Plaasmoorde benadeel almal – Christoff van Wyk

Die gruwelikheid van plaasmoorde in Suid-Afrika kry toenemend internasionale mediadekking en dis tot ’n groot mate te danke aan die volgehoue bewusmakingsveldtogte van organisasies soos AfriForum. Kallie Kriel en Ernst Roets se onlangse besoek aan Amerika het wye reaksie ontlok. Die uitkoms hiervan is egter dikwels dat die krisis rondom plaasmoorde in die agtergrond verdwyn […]

NP VAN WYK LOUW Prof. Otto Terblanche

Taal- en kulturele wisselwerking tussen Afrikaners en Vlaminge – Prof. Otto Terblanche

Die Belgies- Suid-Afrikaanse Kulturele Verdrag is op 1 Junie 1954 gesluit. Die verdrag het veral vir die uitwisseling van dosente, opvoedkundiges, kunstenaars en skilders voorsiening gemaak. Vanweë die taal- en kultuurverwantskap tussen Vlaandere en Suid-Afrika, was daar uiteraard noue samewerking tussen hierdie twee lande. Suid-Afrika het uiteraard  minder kontak gehad met die Franstalige Wallonië. Die […]

NP VAN WYK LOUW Prof. Otto Terblanche

Vlaandere en Suid-Afrika: Die Vlaamse taal- en kultuurstryd – Prof. Otto Terblanche

Die taalgrens in België Die taalgrens is ’n horisontale lyn wat reg deur die middel van België loop. Dit strek van die grens met Frankryk in die weste tot die Duitse grens in die ooste. Hierdie grenslyn verdeel België in drie uiteenlopende taalgebiede: Vlaandere (die noordelike Nederlandssprekende landstreek van België), Wallonië (die Franssprekende deel in […]

MT Steyn-standbeeld op UV-kampus

Staan of skuif – Dr. Danie Langner

President Marthinus Theunis Steyn sou die laaste Afrikaner wees wat bloot ter wille van vrede ’n polities korrekte kniebuig voor radikale eise maak. Daarvan getuig sy standbeeld voor die hoofgebou van die Vrystaatse Universiteit. Die beeld, twee maal die lewensgrootte van President Steyn, is ’n skepping van Anton van Wouw. Dit toon President Steyn wat […]

NP van Wyk Louw Pierneef

OPSOMMING: Oor Gemeenskap en Plek – Hoofstuk 7

Oor Gemeenskap en Plek – Hoofstuk 7 ‘n Gedifferensieerde gemeenskap deur Victor Correia Gemeenskappe wat nie ruimte vir die veelheid in hulself skep nie, word deur suurstoftekort gekenmerk (Goosen, 2015:116) In hierdie kort, maar belangrike, hoofstuk bespreek Goosen verskeie verhoudinge. Die verhouding van gemeenskap en individu, van gemeenskappe onderling en van die gemeenskap se verhouding […]

NP van Wyk Louw Pierneef

OPSOMMING: Oor Gemeenskap en Plek – Hoofstuk 6

Oor Gemeenskap en Plek: Hoofstuk 6 Monsters en mense deur Victor Correia “Gee die tradisie in sy antwoord op die monsteragtige dialektiese kontinuïteit daaraan? ‘Nee,’ lui die antwoord uit die tradisie. Die dialektiek van die monsteragtige word in stand gehou deur die aanvaarding van ’n belangrike vooronderstelling, naamlik dat die monsteragtige ontologies ’n ‘substantiewe’ mag […]