“De Bijbel in het Afrikaans”

De-Bijbel-in-het-Afrikaans-s

“De Bijbel in het Afrikaans” is ’n samestelling van gedagtes oor die Afrikaanse Bybel en die Afrikaanse gees met die tagtigste verjaarsdag van die Afrikaanse Bybel.  Die artikels wissel van wetenskaplike artikels, persoonlike getuienisse tot herinneringe.

Alle bydraes is van persone by wie die Afrikaanse Bybel ’n deurslaggewende rol speel in hulle werk op die taalakker, soos Annalise Wiid, Cas Vos, Tienie  Theunissen, Piet Strauss, Danie Goosen, Danie Langner, Izak Grové, Vader Jacobus van Riet en Jaap Steyn.