Die Nasionale Vrouemonument

die nasionale vroue monument

Titel: Die Nasionale Vrouemonument: Honderdjarige Herdenking – Verlede, hede, toekoms

Redakteur: Marthinus van Bart

Verskyningsdatum: Desember 2013

ISBN:  978-0-620-58279-7

Aantal bladsye:  206

Prys: R250

Op 16 Desember 2013 is die inwyding van die Nasionale Vrouemonument (NVM) in Bloemfontein van ’n eeu tevore feestelik in herinnering geroep. Dit was dan gepas om te besin oor die simboliek van hierdie monumentale gedenkteken en watter betekenis dit vir die moderne Suid-Afrikaner het, veral vanuit die perspektief van die maatskaplike veranderings wat oor die afgelope eeu in Suid-Afrika ’n werklikheid geword het. Die 100jarige herdenking van die Nasionale Vrouemonument is histories en eenmalig vir ’n hele generasie. Top skrywers soos: Jaap Steyn, Leopold Scholtz, Hermann Giliomee, VE d’Assonville, Wium van Zyl, Christo Viljoen, ES van Bart en Celeste Reynolds. Belê in hierdie historiese gedenkboek vir jou kinders en kleinkinders.

“Dit Monument staat dus hier, niet om haat aan te wakkeren, maar om de liefde te bevorderen; want ik voorzie de dag dat ieder deel van het Zuid-Afrikaans Volk – van welk oorsprong het ook moge zijn – indien met de ware Zuid-Afrikaanse geest bezield, de deugen, door dit Monument vereeuwigd, als zijn gemeenschappelik erfdeel zal beschouwen. Moge het hier staan om inspirerend op het Volk te werken. Laat een iedeer die bijna ondragelike lasten te torsen heeft, hierheen komen en op dit Monument starende nieuwe moed scheppen om voort te wandelen, totdat Gods wil zal zijn volbracht.”                 

– Pres. Marthinus Theunis Steyn