FAK-Sangbundel Volume II

Sangbundel

’n Splinternwe FAK-sangbundel is in November 2012 uitgereik en bevat meer as 400 nuwe-Afrikaanse liedere. Die nuwe bundel sluit nege musiekgenres in. Afrikaanse kontemporêre, luister-, volks-, kinder-, geestelike-, tradisionele-, kuns- en koormusiek sedert 1979 word in een bundel saamgevat. Met die vieringe van die FAK-sangbundel se 75ste bestaansjaar, het die FAK dit goedgedink om die bundel te vul met van ons grootste Afrikaanse kunstenaars se werk. Populêre en luisterliedjies sluit van ons bekendste Afrikaanse  kunstenaars in, bv. Steve Hofmeyr, Koos Kombuis, Jak de Priester, Chris Chameleon, Richard van der Westhuizen, Laurika Rauch, Rina Hugo, Elizabeth Fourie,  Min Shaw en vele meer.

Die nuwe sangbundel se doel is om Afrikaanse liedere weer op almal se lippe te kry en skole weer trots te laat sing in Afrikaans.